Op 'n oop pad het Boris Johnson in 'n sloot in gery, het die Britse premier pas erken ná dae van skandes, gatomkeerdery en tuimelende geraamtes, skryf ADRI KOTZÉ.
BORIS JOHNSON lyk soos 'n ou rusbank wat weggegooi is, het iemand opgemerk by 'n foto van die Britse premier waar hy 'n krans by die Poolse oorloggedenkteken lê ter herdenking van diegene wat in oorloë gesterf het. Ja, het iemand anders geantwoord, 'n rusbank waarin jy 'n suiglekker vol hondehare sou vind as jy jou hand in die gleuwe druk.
Op dié dag, sekerlik die mees plegtige jaarlikse geleentheid in Brittanje, het Johnson opgedaag in 'n gekreukelde pak klere waarvan 'n baadjieknoop 'n woeste geveg met sy maag aan die verloor was. Sy hempskraag was windskeef en sy hare besonder slordig, selfs vir sy standaarde.
Nou, as 'n reël behoort politici se kapsels en voorkoms – en of hulle, soos Johnson, gaan draf in swart werkskoene en 'n kraaghemp of in 'n bont swembroek en rooi mussie – nie 'n duit saak te maak nie. Maar in 'n klasbehepte samelewing soos Engeland, waar Johnson se Konserwatiewe Party en hy self ook steier onder aantygings van politieke smerigheid en korrupsie, is sy voorkoms integraal tot die vertoonpolitiek wat nou hier aan die afspeel is. Sy slonsigheid is 'n teatrale bevestiging van sy afkoms uit die sogenaamde hoër stande – 'n klas vir wie ander reëls geld, wat daarop geregtig voel om (dubbele) munt te slaan uit hulle regeringsposte en uit regeringskontrakte, wat nie verantwoording hoef te doen nie...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
BOJO SE SKADE EN SKANDES
Die Groot Torie-smet
Op 'n oop pad het Boris Johnson in 'n sloot in gery, het die Britse premier pas erken ná dae van skandes, gatomkeerdery en tuimelende geraamtes, skryf ADRI KOTZÉ.
Deel
BORIS JOHNSON lyk soos 'n ou rusbank wat weggegooi is, het iemand opgemerk by 'n foto van die Britse premier waar hy 'n krans by die Poolse oorloggedenkteken lê ter herdenking van diegene wat in oorloë gesterf het. Ja, het iemand anders geantwoord, 'n rusbank waarin jy 'n suiglekker vol hondehare sou vind as jy jou hand in die gleuwe druk.
Op dié dag, sekerlik die mees plegtige jaarlikse geleentheid in Brittanje, het Johnson opgedaag in 'n gekreukelde pak klere waarvan 'n baadjieknoop 'n woeste geveg met sy maag aan die verloor was. Sy hempskraag was windskeef en sy hare besonder slordig, selfs vir sy standaarde.
Nou, as 'n reël behoort politici se kapsels en voorkoms – en of hulle, soos Johnson, gaan draf in swart werkskoene en 'n kraaghemp of in 'n bont swembroek en rooi mussie – nie 'n duit saak te maak nie. Maar in 'n klasbehepte samelewing soos Engeland, waar Johnson se Konserwatiewe Party en hy self ook steier onder aantygings van politieke smerigheid en korrupsie, is sy voorkoms integraal tot die vertoonpolitiek wat nou hier aan die afspeel is. Sy slonsigheid is 'n teatrale bevestiging van sy afkoms uit die sogenaamde hoër stande – 'n klas vir wie ander reëls geld, wat daarop geregtig voel om (dubbele) munt te slaan uit hulle regeringsposte en uit regeringskontrakte, wat nie verantwoording hoef te doen nie...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel
Adri Kotzé
JoernalisAdri Kotzé is 'n vryskutjoernalis in Londen. Sy was tot Julie 2021 adjunkredakteur van Vrye Weekblad en het al onder meer vir die Bhekisisa Centre for Health Journalism, Carte Blanche, Rapport, Special Assignment en Beeld gewerk.