Bloed en moed – en ’n happy ending vir Johnny Wood

BOBAAS-BOKSER

Bloed en moed – en ’n happy ending vir Johnny Wood

TINUS HORN skryf oor ‘dalk die beste Suid-Afrikaanse bokser van wie amper niemand vandag weet nie’, van wie hy voorlaasweek op die radio vir die eerste keer gehoor het.

STAAN opsy, Simone Biles! Of gooi een van daai cool sideways bollemakiesie-moves van jou. Ek het ’n nuwe sportheld: Johnny Wood, dalk die beste Suid-Afrikaanse bokser van wie amper niemand vandag weet nie. Chill, Simone. Johnny is 77. Hy gaan nie weer boks nie. You’ll be back.

Ek het voorlaasweek die eerste keer van Johnny gehoor. Hy’t die liedjies gekies vir Vat vyf, Derrich Gardner se Saterdag-musiekinsetsel op RSG. My onkunde sê nogal iets: In Mayfair-Wes, waar ek vandaan kom, was boks groter as rugby.

Die ander deel van Mayfair het mos gedink hulle is cooler, maar besluit self: Pierre Fourie, wat twee keer uit wêreldtitels gekroek is, en Mike Schutte, wat Gerrie Coetzee geskop het, het op verskillende tye oorkant ons in St. Iveslaan gebly. Ek probeer nie sê Mike het kickboxing uitgevind nie, maar hy was een of ander pionier...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.