Daar waar die ou rooi Ford nie inpas nie

DWASE NA DIE OOSTE

Daar waar die ou rooi Ford nie inpas nie

In die noordweste van Namibië, waar die grondgeitjie jou gedagtes stilmaak en die olifante snags sag verbyloop, kan jy langs die pad onder die bome kamp opslaan waar jy wil. Maar naby Windhoek, waar alles met grensdrade toegespan is, is dit klaarblyklik nie die geval nie, het EMMIE BEDEKER en haar gesin gou agtergekom.

  • 07 Januarie 2022
  • Mense & Kultuur
  • 4 min om te lees
  • artikel 9 van 25
  • Emmie Bedeker

FOOLS rush in where angels fear to tread.

Kort nadat ons in Namibië kom bly het, het my man die rooi Ford gekoop. ’n Ou gerestoureerde Ford. Ons bly op ’n baie klein plekkie in die noordweste van die land, teenaan die klipwoestyn. Die natuur hier is ru, bar en beeldskoon. Die grootste aantrekkingskrag vir ons is dat in hierdie wildernis geen grensdrade is nie. Die bevolking is yl en jy ry kilometers sonder om ’n mens te sien. Wanneer dit donker word, trek jy af in ’n rivierloop en slaan kamp op. Skemeraand maak die geluid van die grondgeitjie jou gedagtes stil en snags loop die olifante sag verby.

Die moeilikheid kom toe my skoonma vir die eerste keer vir ons kom kuier. Ons moet haar op Windhoek se lughawe kry. By gebrek aan geld en verstand besluit ons om sommer iewers langs die pad te slaap. Soos ons maar hier ook maak, sal ons ’n plekkie langs die pad kry om te kampeer. Ons slaap sommer agterop die Ford. Die bak is wyd en groot...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.