Op die duiwel se spoor: ‘Miskien moes ek haar meer geslaan het’

BOEKUITTREKSEL

Op die duiwel se spoor: ‘Miskien moes ek haar meer geslaan het’

BEN BOOYSEN het die Krugersdorp-moorde in 2016 manalleen begin ondersoek. Hy het koerantvoorblaaie gehaal toe hy die baasbrein, Cecilia Steyn, en haar vyf trawante vir minstens 11 moorde in hegtenis geneem het. In hierdie boek, Op die duiwel se spoor, neem Booysen die leser tot agter die skerms van die satanistiese moorde en onthul nuwe, skokkende besonderhede. Hier volg 'n uittreksel uit die boek, wat hy en NICKI GULES van Sunday Times geskryf het.

  • 06 Mei 2022
  • Mense & Kultuur
  • 11 min om te lees
  • artikel 12 van 28
  • Ben Booysen en Nicki Gules

TERWYL Cecilia verhoorafwagtend was, het sy haar alreeds brandarm ouers afgepers. Ons was die hele tyd in kontak met Piet en Mara Brand. Piet het by my gekla dat die tronkowerhede nie vir Cecilia ’n bed of ’n kussing in die tronk gegee het nie, en dat hy vir al hierdie goed moes betaal. As dit Marinda was wat dit gesê het, sou ek haar geglo het, want sy was in ’n gemeenskaplike sel, maar Cecilia was in die hospitaalvleuel en dit was absolute stront. Haar ouers het vir haar ’n klomp geld gegee. Sy het aanhoudend by hulle gehuil. “Pappa, ek het nie ’n bed om op te slaap nie.” En dan betaal hulle maar weer.

Elke keer as iets soos dit gebeur, het haar pa my gebel en gevra ek moet dit uitsorteer, en dan moet ek tronk toe gaan om te gaan verklarings neem. Dan wys die tronkowerhede my waar sy slaap. Ek het ook met ander verhoorafwagtende gevangenes gepraat, en dan vertel hulle my Cecilia praat twak, want eintlik gee sy die geld vir Marinda wat niemand buite die tronk gehad het nie. Marinda het die geld gebruik wat Piet vir Cecilia gestuur het om te koop wat sy nodig het in die tronk.

Die proefbeampte, mev. A. Vergeer, het Cecilia se voorvonnisverslag opgestel. Dis gedateer 12 Augustus 2019, en gebaseer op onderhoude met Cecilia self, haar man, Dries, drie mede-aangehoudenes en Cecilia se ouers, wat sy gaan sien het op ’n plot naby Randfontein. In die verslag kom Vergeer tot die gevolgtrekking dat die inligting onmoontlik was om te verifieer, en dat haar ouers amper alles weerspreek het wat Cecilia gesê het...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.