Oor skoolhoofde, Herero-politiek, diplomas en wiskunde

MITRÉS EN MEESTERS

Oor skoolhoofde, Herero-politiek, diplomas en wiskunde

As ek die inmengery van meneer Panyaza Lesufi van Gauteng in skoolsake so luister, dan dink ek hy kan darem bly wees dis nie die Kaokoveld, daar in die vroeë 1990's, waarmee hy werk nie, skryf CHRIS BEDEKER.

  • 03 Junie 2022
  • Mense & Kultuur
  • 6 min om te lees
  • artikel 12 van 26
  • Chris Bedeker

Hetjevi Mumbuu

Een van die eerste joppe wat ek in die Kaokoveld gehad het, nadat ek daar begin waarneem het as inspekteur in 1991, was om die nuut aangestelde skoolhoof van Musaso Primêr na die skool te vat. Die pos was al deur die Herero-administrasie geadverteer en gevul, nog voor ons (Khorixas-streekonderwysdepartement) daar oorgeneem het. So ons het geen sê in die aanstelling gehad nie. Wat ons nie geweet het nie, is dat die aanstelling nie lekker in konsultasie met die mense van Musaso gedoen was nie. Nou daai doen jy nie met ’n Herero-hoofman nie.

Mitré Hetjevi Mumbuu was ’n Himba. Sy pa was hoofman Edward Mumbuu en Hetjevi het bietjie na beter skole toe gegaan as die meeste Kaokovelders. Hy was een van die eerste Himbas wat met ’n BA-graad (van die Universiteit van Wes-Kaapland) teruggekom het Opuwo toe. Die waarnemende skoolhoof by Musaso was mitré Kakuva. Hy had net matriek, maar hy was ’n kind van die gemeenskap. Obviously het die Herero-administrasie meneer Mumbuu aangestel toe hy aansoek doen vir die skoolhoofpos by Musaso...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.