VANDAG sê geskiedkundiges die laaste president van die Zuid-Afrikaansche Republiek het irrelevant geraak vir ons huidige geskiedenis. Niemand stel meer in hom belang nie; hy’s nie in die mode nie.
Maar mense soos Anna M. Louw, skrywer van die historiese roman Die Groot Gryse, sê: “Hy bly steeds een van die interessantste figure in die geskiedenis van die land.”
En van die mees tragiese. ’n Ou man wat op 79 in ’n vreemde land as banneling sterf nadat sy oë uiteindelik ingegee het ná jare van sukkel met ’n oogsiekte veroorsaak deur ooghare wat ingroei. Hy kan nie meer loop nie, want swak bloedsomloop het sy bene tot dubbel hul normale grootte laat opswel. Sy longe is besig om hom stadig dood te wurg. Sy verstand is nog helder, maar hy versink in koorsdrome oor sy jongdae toe sy besondere liggaamskrag, atletiese vermoëns en bedrewenheid in die skietkuns gesorg het vir talle legendes wat vandag nog hardnekkig oorleef...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.