FOKUS OP: Die geniale William Kentridge

VEILING

FOKUS OP: Die geniale William Kentridge

Ter viering van die kunstenaar en dié belangrike geleentheid bied Aspire Art ’n buitengewone versameling van belangrike werke deur William Kentridge aan vir ’n veiling wat op 30 November in Johannesburg plaasvind.

William Kentridge, Urbanise, 1988, potlood, pastel en houtskool op papier
William Kentridge, Urbanise, 1988, potlood, pastel en houtskool op papier
Image: ASPIRE ART

Die onlangse opening van William Kentridge se groot retrospektiewe uitstalling by die Royal Academy of Arts in Londen bewys nogmaals sy statuur – nie net as Suid-Afrika se mees gevierde en invloedryke lewende kunstenaar nie, maar as een van die mees vooraanstaande en hoog aangeskrewe kontemporêre kunstenaars vandag.

Die oorsig-uitstalling (die eerste deur ’n kunstenaar van die Afrika-vasteland) dek vier dekades van Kentridge se merkwaardige en produktiewe loopbaan en onderstreep verder die buitengewone konseptuele en tegniese veelsydigheid van sy werk.

As kunstenaar beperk Kentridge hom nie tot ’n spesifieke genre of materiaal nie. Terwyl hy teken as die kern van sy proses beskou, werk hy met verskillende mediums, onder meer drukkuns, skryf, film, opvoering, musiek, teater, beeldhouwerk en talle medewerkings om komplekse en intellektueel prikkelende kunswerke te skep wat ontspring uit die geskiedenis, politiek, wetenskap, literatuur, filosofie en geskiedenis.

William Kentridge, Head (Model Opera), 2015, akrielverf op lasergesnyde vlekvrye staal
William Kentridge, Head (Model Opera), 2015, akrielverf op lasergesnyde vlekvrye staal
Image: ASPIRE ART
William Kentridge, &, 2017, bronsbeeld
William Kentridge, &, 2017, bronsbeeld
Image: ASPIRE ART

’n Unieke versameling van hoë gehalte kom op die mark

Ter viering van die kunstenaar en dié belangrike geleentheid bied Aspire Art ’n buitengewone versameling van belangrike werke deur William Kentridge aan vir ’n veiling wat op 30 November in Johannesburg plaasvind.

Die versameling dek sy produktiewe loopbaan en die uiteenlopende mediums waarin hy werk. Hier is onder meer van sy kenmerkende houtskooltekeninge, soos die belangrike Urbanise uit 1988 wat op tussen R3 miljoen en R5 miljoen geraam word, tesame met collages, ’n reuse-tapisserie, afdrukke en indrukwekkende skulpture soos &, die ampersand uit brons gemaak (2017) wat op tussen R5 miljoen en R6 miljoen geraam word. Hierdie verteenwoordiging van sy oeuvre wys Kentridge se artistieke uitnemendheid en behendigheid.

Wiliam Kentridge, Arched Landscape, 2004, houtskool, krytpastel en gouache op papier
Wiliam Kentridge, Arched Landscape, 2004, houtskool, krytpastel en gouache op papier
Image: ASPIRE ART

Kentridge se posisie in die kunsmark

William Kentridge se gevierde oeuvre word weerspieël in die voortdurende aanvraag na sy werk. Die kunstenaar word in die primêre mark verteenwoordig deur vier topgalerye in die wêreld en behaal deurgaans uitstekende resultate in die sekondêre mark.

Volgens Artprice se The Contemporary Art Market Report (2021) is Kentridge die derde belangrikste en erkende kontemporêre kunstenaar van Afrika volgens veilingsomset (2020/21) en volgens sy Top 500 Contemporary Artists is Kentridge op #80 volgens veilingsomset (2020/21) met ’n opbrengs van $4,691,690 vir 188 lotte wat van die hand gesit is.

Aspire Art is steeds die top- Suid-Afrikaanse verkoper van belangrike werke deur William Kentridge op die sekondêre mark. Aspire Art hou die rekord vir die twee top-veilingrekords in Suid-Afrika met die verkoop van Drawing from Stereoscope (Double page, Soho in two rooms), 1999, teen R6 600 400 in November 2018 en Drawing from Mine (Soho with Coffee Plunger and Cup) teen R5 456 640 in November 2017.

Ter viering van die kunstenaar en dié belangrike geleentheid bied Aspire Art ’n buitengewone versameling van belangrike werke deur William Kentridge aan vir ’n veiling wat op 30 November in Johannesburg plaasvind.

Die veiling word op Woensdag 30 November om 18:00 in Johannesburg gehou.

Versamelaars en kunsliefhebbers word genooi om van Vrydag 25 November na die versameling te kom kyk by Aspire Art, Boltonweg 32, Parkwood.

Kopers wat nie die veiling op 30 November kan bywoon nie, kan telefonies bie of Aspire se aanlyn platforms gebruik om te bie.

Vir nog inligting en om die geïllustreerde veilingskatalogus af te laai, gaan na aspireart.net of bel 010 109 7989.

'n Volledig geïllustreerde veilingskatalogus is hier beskikbaar.

* Aspire Art het vir hierdie artikel betaal.