Hoenders, hartswonde en Cyril se verskillende gedaantes

VERBATIM

Hoenders, hartswonde en Cyril se verskillende gedaantes

Só sê die mense ...


Mboweni voel vere
“As dit my eie geld was, sou ek nie een sent in South African Airways belê nie … As ek 'n hoenderplaas gehad het en ek moes aanhou geld insit maar ek kry niks eiers nie, sou ek dit toemaak.”
– Die minister van finansies, Tito Mboweni, in die Financial Times
Ramaphosa en hartswonde
“Afrikaners het 'n wond in hulle hart oor hulle taal wat hulle voel na 'n laer vlak afgeskaal word. Ek is bereid om dit aan te spreek. Swart mense het 'n soortgelyke wond oor grond.”
– Pres. Cyril Ramaphosa voor 'n hoofsaaklik Afrikaanse gehoor in Pretoria
Mbeki oor grond en wittes
“Die rede is dat daar setlaars is wat Suid-Afrika toe gekom het, hulle het ons grond sonder vergoeding gevat, en daarom moet ons die grond terugvat en aan ons mense gee. Wat beteken dit? Ons sê die ANC kan nie sê Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin woon, wit en swart, en dan sê ons dit geld nie vir die grondkwessie nie. Jy kan nie. Dis nie reg nie.”
– Oudpres. Thabo Mbeki
Net Cyril kan SA red
“Stop the rot, back Cyril Ramaphosa. The liberal opposition cannot win an election on May 8th, so it is up to the president to clean up his own party’s mess.”
– Opskrif in The Economist
Laaste groot hoop
“Hy [Cyril Ramaphosa] is die laaste hoop vir die demokrasie.”
– Colin Coleman, grootbaas van Goldman Sachs in Afrika suid van die Sahara
Cyril se verskillende gedaantes
“Daar is 'n groot verskil tussen Cyril Ramaphosa die militante sosialis en organiseerder wat hardkoppig en arrogant was (in 'n noodsaaklike en progressiewe sin, gesien die omstandighede van die tyd), 'n produk van die Swartbewussynsbeweging, en die Cyril Ramaphosa wat 'n gewetenlose kapitalis en multibiljoenêr is wat sy rykdom versamel het deur die super-uitbuiting van die werkersklas wat hy eens so goed verteenwoordig het.”
– Zwelenzima Vavi, hoofsekretaris van die South African Federation of Trade Unions. (Vavi sê hy noem Ramaphosa steeds met affiniteit ngqondo-ngqondo, die een met die groot brein.)
Mandela het niemand verraai nie
“Ek stem tog op een punt met die jeug saam: Die revolusie is verraai. Maar ek gee nie Mandela die skuld nie. Die blaam lê vierkantig op die geslag leiers wat hom opgevolg het – my ouers se geslag. Die vryheidsvegters wat ek in Lusaka en Nairobi gerespekteer en liefgehad het, het huis toe gekom. Hulle het hul gewere neergelê en hul lepels opgetel en begin eet. Baie van hulle het nie opgehou eet nie.  Ek kan net aan 'n handjievol van hulle dink wat ek met my toekoms vertrou.”
- Die skrywer en openbare intellektueel Sisonke Msimang in 'n Nelson Mandela-lesing in Amsterdam
Kwesbare vroue
“Die regering bestee sowat R350 'n dag aan 'n gevangene, maar so min as R5 'n dag aan 'n vrou in 'n regeringsgesteunde veilige hawe. Ironies genoeg, kwesbare vroue sou dalk veiliger in 'n tronk as in so 'n skuiling wees.”
– IVP-parlementslid Liezl van der Merwe
Verkiesingsbrokkies
Koalisies bring onstabiliteit
“Vanuit 'n oogpunt van strategiese beplanning sou dit tragies wees as die verkiesing swak administrasie oor die twee vlakke meebring. Koalisies het bewys dat dit patronaatskap, vertoonpolitiek (grandstanding), blaamverplasing en onstabiliteit  meebring.”
– Joel Netshitenze, lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee en uitvoerende direkteur van die Mapungubwe-instituut
Siel van die ANC
“Dit is verstommend; daar is baie ordentlike mense in die ANC wat privaat erken dat die interne stryd vir die siel van die ANC lank gelede verloor is. As daar koalisies ná 8 Mei gaan wees, gaan die ANC-meerderheid baie meer geneig wees om formeel by die EFF te skaar, wat die ANC-konstitusionaliste selfs meer gaan vervreem.”
– Helen Zille, premier van die Wes-Kaap
DA meer steun as EFF onder swart kiesers?
“Ek voorspel dat die DA oral marginaal gaan groei, en heelwat meer as marginaal in Gauteng, en met meer steun onder swart kiesers as die EFF gaan opeindig.”
– Douglas Gibson, oudhoofsweep van die DA en oudambassadeur in Thailand
Vryheidsfront Plus in Pretoors
“Toe ons kieserregistrasie in ons wyk gedoen het, het ons meer as 1,000 nuwe kiesers gehad. En toe ek met die nuwe kiesers praat, kom 'n groot klomp van hulle van Pretoria af. Wat vir my sê Pretoria is Vryheidsfront-gesind, en ek hoop dit sal hier in die verkiesingsresultaat wys.”
– Flip du Plessis, voorsitter van die Vryheidsfront Plus in Mosselbaai
Om te kan stem beteken vir my niks
Dit [die verkiesing] traak my nie. Dit maak nie vir my saak of die land afbrand nie. Al waaroor ek omgee as ek in die oggend wakker word, is waar ek kos gaan kry om te eet.
– Jonas Seakamela, 'n 25-jarige inwoner van Mamelodi, in 'n onderhoud met eNCA
Roekeloos
“Azapo se eis vir die vrylating van AbaThembu koning Buyelekhaya Dalindyebo moet gesien word as deel van 'n breër stryd deur die bevrydingsbeweging om die oorblyfsels van kolonialisme te verslaan … Sommige gekoloniseerde mense onder ons redeneer gou dat die reg die reg is en op almal van toepassing is, ongeag iemand se status. Dit is te simplisties, roekeloos en gevaarlik. Die reg moet die mense dien, nie andersom nie.”
– Strike Thokoane, president van Azapo

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.