Transito-rooftogte: Teflon-misdadigers sit Suid-Afrika se howe ore aan

DIE KETTING IS GEBREEK

Transito-rooftogte: Teflon-misdadigers sit Suid-Afrika se howe ore aan

Transitoroof het iets wat geen ander kategorieë van ernstige misdaad het nie: die mediasoeklig; skerp openbare belangstelling; die slagoffers is groot maatskappye met geld en middele; en dan ook 'n proaktiewe en gespierde polisie-optrede. Tog kry ons dit nie reg om hierdie misdaad se nek om te draai nie. ANNELIESE BURGESS verduidelik hoe misdadigers die regstelsel fnuik en dat dít die hoofrede is hoekom georganiseerde misdaad in Suid-Afrika so gedy.

HONDERDE transitorowers is die afgelope jaar in hegtenis geneem. In November verlede jaar het die minister van polisie, Bheki Cele, 'n groot mediakonferensie gehou waar hy met groot ophef aangekondig dat 263 verdagtes in hegtenis geneem is binne ses maande vandat die polisie hulle groot transitoveldtog van stapel gestuur het. In die ses maande daarna is nog 'n klomp aangekeer.

Die polisie is met reg trots op hulle arrestasies. Ná soveel jare se niksdoen is die polisie se proaktiewe optrede rede vir applous. Inhegtenisnemings klink en lyk goed en gee die publiek boonop die indruk dat daar met 'n sterk hand opgetree word.

Dit is goeie PR. Maar om iemand vas te trek is net die eerste skakel in 'n lang ketting wat op  suksesvolle vervolgings behoort uit te loop. Dit gebeur nie. Die ketting is gebreek...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.