Mamelodi: Dis ook jóú ma wat daar vasgemaak lê

GEEN RESPEK OF MEEGEVOEL

Mamelodi: Dis ook jóú ma wat daar vasgemaak lê

Nadat sy die video gesien het van hoe 'n 76-jarige oumagrootjie in die Mamelodi-hospitaal in Pretoria behandel is, het VIRGINIA KEPPLER besluit: Hiervan moet die wêreld weet. En dít is hoe 'n klein vroutjie die land se verbeelding aangegryp het.

'N SKERP pyn het deur my bors gesny, op in my nek beweeg tot in my oë, en toe op my kop gaan rus. Dít is hoe ek gevoel het toe ek vir die eerste keer die video van antie Martha Marais sien waar sy daar op die koue teëls van die Mamelodi-hospitaal lê.

Haar hande was met materiaalboeie agter haar rug en aan die pote van 'n staalbank vasgebind, soos 'n hond. Eintlik ook nie, want wie sal selfs 'n hond só vasmaak?

Ek het die video die aand gekry daar waar ek in my pragtige kamer in 'n gastehuis in Potchefstroom ingeboek was. Die een oomblik het ek nog foto’s van die kamer geneem, en die pophuis daarin wat so mooi was. Eendag wil ek my eie pophuis hê, en dit in my kamer staanmaak waar net ek daarmee sal speel...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.