Hermanus-grondbesettings: Wanneer ’n hof die onmoontlike moet vermag

GRONDSAKE

Hermanus-grondbesettings: Wanneer ’n hof die onmoontlike moet vermag

Die hofgeding oor die onwettige besetting van ’n stuk grond buite Hermanus versinnebeeld die frustrasie met 'n proses wat vasgevang is in oënskynlik onversoenbare wette, regulasies en burokratiese prosesse, skryf KARL KEMP.

  • 21 Junie 2019
  • Nuus & Politiek
  • 10 min om te lees
  • artikel 8 van 26
  • Karl Kemp

DIS 'n louwarm wintersoggend en hofkamer 6 van die Kaapse hooggeregshof is vol. Nie stampvol nie, maar voller as wat dit sou wees op 'n normale dag. Drie joernaliste sit op 'n bank teen die muur. 'n Ry swart mense sit in die openbare galery met hul arms gevou.

Voor regter E.T. Steyn, 'n middeljarige wit vrou, sit die griffier, 'n bruin vrou, en nog 'n hofamptenaar, ook 'n bruin vrou. Teenoor die verteenwoordigers van die Kaapse regstelsel sit vier advokate en verskeie juniors wat heeltyd dokumente uitruil. Vir die swart gemeenskap in die galery verskyn adv. Thulasizwe Twalo van die Kaapse balie.

Twalo verteenwoordig verskeie grondgrypers in die Kaap, onder meer dié van Dunoon, Strand, en in vandag se geval Zwelihle in Hermanus...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.