Die Slag van die Rogue Unit

STAATSKAPING

Die Slag van die Rogue Unit

Die groot kragte in die Suid-Afrikaanse politiek staan opgestel teen mekaar. Minister Pravin Gordhan se hofaansoek waarin hy vra dat die openbare beskermer se bevindinge teen hom tersyde gestel word, gaan die politieke grond drasties laat skuif, skryf MAX DU PREEZ.

IEMAND gaan hier baie, baie seerkry, en ek het ʼn vermoede dit gaan nie Pravin Gordhan wees nie. Die hofstukke wat hy indien in sy saak teen die openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane, is soos ʼn sak vol dinamiet wat hy in haar rigting smyt.

Met al die hofstukke voor my en met alles wat ek die laaste paar jaar oor die saak te wete gekom het, vind ek Mkhwebane se aanbevelings teen Gordhan absoluut verstommend.

Daar is seker ʼn klein buitekans dat sy iets weet wat sy nog nie sê nie, maar dit lyk vir my na brutale professionele selfmoord, as openbare beskermer maar dalk ook selfs as lid van die balie. Die magte agter haar moet baie sterk wees en hul versekerings aan haar baie stewig. Dis guerrilla-oorlog dié...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.