Guptagate: Ambassadeur sê hy’t gelieg

ZONDO-KOMMISSIE

Guptagate: Ambassadeur sê hy’t gelieg

Die destydse hoof van staatsprotokol sê dit was 'n “fout” om Jacob Zuma se naam te gebruik sodat die Guptas se vliegtuig op die Waterkloof-lugmagbasis mag geland het, en dat hy dit gedoen het om 'n hoë Indiese amptenaar te beïndruk. Wou hy eintlik iemand veel belangriker ter wille wees? ERIN BATES doen verslag.

BRUCE KOLOANE, hoof van staatsprotokol toe die Guptas se privaat straler in April 2013 op Waterkloof neergestryk het, het voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping getuig hy het die name van oudpres. Jacob Zuma, asook dié van Ben Martins, destydse minister van vervoer, en Nosiviwe Mapisa-Nqakula, destyds en steeds minister van verdediging, aan amptenare genoem om toestemming vir die landing te bespoedig.

Dit was 'n fout en hy het dit net gedoen om Virendra Gupta, destyds Indië se hoë kommissaris na Suid-Afrika, te beïndruk (Virendra Gupta is nie verwant aan die Suid-Afrikaanse Guptas nie). Koloane getuienis vandeesweek was die eerste keer dat hy in die openbaar oor die voorval gepraat het.

Volgens Koloane het Virendra Gupta aan hom gesê daar was Indiese “ministers” aan boord van die vliegtuig, maar dié het later geblyk net min of meer die ekwivalent van Suid-Afrikaanse provinsiale LUR’e te gewees het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.