Huwelik tussen Eskom en SA ekonomie móét gered word – en jy...

DOODSPIRAAL

Huwelik tussen Eskom en SA ekonomie móét gered word – en jy gaan betaal

Eskom is in 'n doodspiraal. As hy val, gaan hy die Suid-Afrikaanse ekonomie met hom saamsleep na benede. Is die regering se regrukplan genoeg om te keer dat die ligte nogmaals gaan afgaan? vra YOLANDI GROENEWALD.

NET duskant Bronkhorstspruit as jy van die Rand se kant af kom, daar waar die eerste van Mpumalanga se rookwolke begin verskyn, verrys 'n nuwe energietempel uit die rookmis. Sy torings, getooi in rooi strepe, waarsku vliegtuie teen ’n moontlike botsing. Maar Kusile, wat met voltooiing die vierde grootste steenkoolkragstasie ter wêreld sal wees, met ’n kapasiteit van 4,800 MW, is 'n ramp.

Die struktuur is 'n monument aan Eskom, want hier vind jy korrupsie, swak bestuur en onbevoegdheid saam met duur vertragings – al die elemente wat Suid-Afrika se kragreus op sy knieë gedwing het. Konstruksie aan Kusile het in 2008 begin en moes in 2014 klaar gewees het, maar sal nou na verwagting eers in 2020 ten volle gereed wees.

Kusile se boetie, Medupi in Limpopo (4,764 MW) moes al in 2012 klaar gewees het, maar die land sal nou gelukkig wees as hy in 2021 voltooi is. Eenhede in die twee kragstasies wat wel voltooi is, moes sedertdien as gevolg van swak vakmanskap weer afgeskakel word...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.