POLITIEKE NOTABOEK: Gavin Watson, die rogue unit en gifkelkies

TERUGBLIK OP DIE WEEK

POLITIEKE NOTABOEK: Gavin Watson, die rogue unit en gifkelkies

Dis dalk tyd dat EFF-leiers weens minagting van die hof aangekla word, skryf MAX DU PREEZ. HY wonder ook of genl. Lothar Neethling regtig dood is.

DIE werklike toets vir ’n beskaafde land en demokrasie wat vir sy mense, arm en ryk, omgee, is of alle burgers voldoende en gelyke gesondheidsorg kry, het die premier van Gauteng, David Makhura, dié week met groot gebaar in die Gautengse wetgewer verklaar. Daarom, sê hy, sal die ANC voortgaan om die stelsel van nasionale gesondheidsversekering (NGV) te ontwikkel en toe te pas.

Makhura is reg, dit is ’n goeie toets vir enige regering. Maar sy regering dop dié toets. Net ’n dag tevore het die DA se nasionale en Gautengse woordvoerders oor gesondheid, Siviwe Gwarube en Jack Bloom, die Mamelodi-hospitaal in Pretoria besoek waar ’n pasgebore baba na sy/haar dood geval het toe die ma staande geboorte gegee het omdat niemand haar wou help nie.

Die hospitaal het ’n doodstrik geword, sê Gwarube. Omtrent 800 babas word per maand daar gebore, maar daar is net twee vroedvroue pleks van 12 aan diens om vir die bevallings te sorg. Die hospitaal het hopeloos te min gekwalifiseerde personeel en word swak bestuur...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X