Gay-wees: Dis in jou gene … én die omgewing

GEEN KEUSE, GEEN KUUR

Gay-wees: Dis in jou gene … én die omgewing

Daar bestaan nie iets soos ’n enkele gay-geen nie, maar eerder duisende genetiese variante wat elkeen ’n effek op jou seksualiteit het. In die wêreld se grootste studie nóg oor selfdegeslag- seksuele oriëntasie het kenners bevind dat selfs jou reuksintuig ’n rol in jou seksuele identiteit kan speel, skryf ELSABÉ BRITS.

’N INTERNASIONALE span kenners het onlangs vyf plekke (lokusse) op die menslike genoom geïdentifiseer wat met gay-wees geassosieer word. Altesame 477,522 mense wat met mense van dieselfde geslag seks het, het aan hierdie genoomwye genetiese studie deelgeneem en die bevindinge is pas in die vakjoernaal Science gepubliseer.

Maar moenie dink jy sal vir ’n genetiese toets kan gaan om te bevestig dat jy wel gay is nie. Of dat dit “voorspel” kan word bloot deur na jou gene te kyk nie. Soos met enige ander menslike eienskap is seksualiteit op genetiese vlak veel meer kompleks. Dis ’n dans met die omgewing.

Dit is byna soos jou persoonlikheid of geaardheid. Daar is bevind dat daar beslis ’n genetiese of biologiese basis is, maar omgewingsinvloede speel ook ’n rol. Die studie bewys egter dat om gay te wees nié ’n keuse is nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.