Namibië weier om deur Cites voorgeskryf te word oor ivoor en...

‘DIS ONS REG’

Namibië weier om deur Cites voorgeskryf te word oor ivoor en witrenosters

Lande wat net wilde diere in dieretuine het, moenie aan Afrikalande voorskryf hoe hulle hul natuurlike hulpbronne moet bestuur nie. Só het minister Pohamba Shifeta gesê toe hy gedreig het dat Namibië aan die Cites-verdrag gaan onttrek. JOHN GROBLER berig dat Namibië dit as sy soewereine reg beskou om in ivoor en witrenosters handel te dryf.

DIE manier waarop Cites bestuur word, sal moet verander en groter verteenwoordiging aan plaaslike gemeenskappe gee. Indien dit nie gebeur nie, kan die volgende vergadering van dié internasionale liggaam wat handel in bedreigde spesies reguleer, Namibië se laaste wees. Só dreig Pohamba Shifeta, die Namibiese minister van omgewing en toerisme.

Die reg om handel te dryf in ivoor en witrenosters is ’n soewereine reg, en lande wat net wilde diere in hul dieretuine oor het, het nie die reg om aan Afrikalande voor te skryf hoe hulle hul eie bronne moet gebruik nie, het hy Woensdag op ’n mediakonferensie in Windhoek gesê.

’n Duidelik gefrustreerde Shifeta sê sy regering gaan lede van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADG) raadpleeg  oor ’n algehele ontrekking aan die Cites-verdrag. “Ons kyk na ons opsies om buite Cites handel te dryf,” sê hy...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.