Orde! Orde! Die Speaker wat nie ’n vlieënde flamink omgee nie

TEATRAAL EN OORDREWE

Orde! Orde! Die Speaker wat nie ’n vlieënde flamink omgee nie

Die Speaker van die Britse laerhuis, John Bercow, het op kenmerkend dramatiese wyse aangekondig hy bedank uit sy pos én as parlementslid. Hy het internasionaal 'n kultusfiguur geword met sy uitspattige uitsprake en breedsprakige beledigings van parlementslede wat nie wil hoor nie, skryf ADRI KOTZÉ, maar hy het ook openbare belangstelling in 'n droë, muwwerige instelling aangewakker.

DIE stem is onmiskenbaar: teatraal en oordrewe, uitgerek aartappel-in-die-mond posh en outyds, maar met die deurdringende gebalk van 'n hees brandweerwa.

“Order! Orrrduuurrrr!” bulder John Bercow al vir net meer as 'n dekade in die Britse laerhuis, waar politici hulle gereeld soos balhorige skoolkinders gedra.

Dít wissel hy af met lang vermanings en beledigings só hoogdrawend en verpletterend dat sy vyande mor hy is onbeskof, verwaand en partydig: niemand, ook nie die politieke swaargewigte in die voorgestoeltes, word die Speaker se giftong ontsien nie. Hy het David Cameron en Theresa May, die twee voormalige premiers, grensloos geïrriteer – en Boris Johnson se Brexit-planne ontspoor...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.