Gaan Zuma die keer die waarheid praat?

TERUG BY ZONDO

Gaan Zuma die keer die waarheid praat?

Gaan ons volgende week iets wys word oor die kernkragooreenkoms met Rusland wat Suid-Afrika so amper onder oudpres. Jacob Zuma se aanvoring gesluit het? YOLANDI GROENEWALD kyk vooruit na die voormalige staatshoof se verskyning voor die Zondo-kommissie.

NÁ sy dramatiese vertrek van die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping in Julie wag die land in spanning om te sien of hy hierdie keer oop kaarte gaan speel, of weer al kuggende en giggelende die vrae gaan ontduik.

Zuma sal ten minste nog twee keer moet kom getuig voor die einde van die jaar nadat hy met sy vorige verskyning dramaties aangekondig het hy gaan nie verder getuig voordat hy nie die vrae aan hom onder oë gehad het nie. Zondo kon hom egter oortuig om wel terug te keer met die belofte om hom ten minste van temas van ondervraging te voorsien.

Dié temas is op 30 Julie per e-pos aan Zuma se regspan gestuur. Die kommissie het die e-posse vandeesweek op Twitter openbaar gemaak nadat Business Day verlede week berig het dit het 80 vrae wat oor 11 bladsye strek aan Zuma se regsverteenwoordigers gestuur. Adjunk-hoofregter Raymond Zondo, voorsitter van die kommissie, het vroeër vandeesweek tydens ’n sitting gesê hy gaan die e-posse openbaar maak om te wys dit het slegs temas en geen vrae bevat nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.