Rugby se Laurel en Hardy het ’n plan vir Japan

WÊRELDBEKER-KWARTEIND

Rugby se Laurel en Hardy het ’n plan vir Japan

Suid-Afrika sukkel maar – en 'n mens kan verstaan hoekom – om die Japanse spelers ernstig op te neem. Japan voldoen nie heeltemal aan ons vereistes van wat 'n rugbymag behoort te wees nie, so dis moeilik om jou kop rondom 'n Suid-Afrika/Japan-kwarteind te kry. Maar Japan werk met 'n plan. LUKE ALFRED verduidelik hoe die duo Jamie Joseph en Tony Brown die vlugvoetige Japanners vir die uitkloprondes geslyp het.

DIS dalk omdat daar geen Suid-Afrikaanse span in 2015 in die Super Rugby-eindstryd was nie dat die hele seisoen so effens by Suid-Afrikaners verbygegaan het. Om jou geheue te verfris: die Highlanders het daardie jaar gewen. Hulle het die Hurricanes in Wellington met 21-14 geklop. 

Dit was op verskeie vlakke 'n fantastiese jaar vir die manne van Otago. Die Highlanders het nie hulle groep gewen nie (die Hurricanes het daardie een gevat) wat beteken het hulle moes in die uitspeelwedstryde kwalifiseer vir die halfeindstryd. Hulle het dit reggekry deur die Chiefs met  24-14 uit te skakel.

Hulle is toe Sydney toe waar hulle met die Waratahs, die verdedigende kampioene, afgereken het. Die telling was 35-17. Hulle het die titel onder die neus van die groot name weggeraap en daarmee 'n merkwaardige seisoen afgesluit...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.