Die messiaanse aktivis wat al hoe slimmer aan die ANC se...

DIE GRONDKWESSIE

Die messiaanse aktivis wat al hoe slimmer aan die ANC se linkerflank hap

As ons wil verstaan wat besig is om met grondbesettings in Suid-Afrika te gebeur, durf ons nie ’n anti-ANC, anti-kapitalistiese organisasie met die naam Abahlali baseMjondolo (ABM) miskyk nie, waarsku KARL KEMP.

SELFS in ’n land vol historiese wreedhede staan KwaZulu-Natal uit. Dingaan en Bloedrivier. Die Mfecane en die Ndwandwe-Zoeloe-oorlog. Sowat 60 jaar later die Anglo-Zoeloe-oorlog. Dan breek daar burgeroorlog onder die Zoeloes uit, en Louis Botha spring in om prins Dinuzulu, seun van Cetshwayo, te ondersteun in ruil vir grond. Die Tweede Anglo-Boereoorlog eindig met die Boere verpletter. Die Engelse skep die Unie van 1910, en teen die einde van die Tweede Wêreldoorlog is daar tienduisende plakkers in Durban.

In 1949 ontstaan daar rusie tussen die Indiërs en swart gemeenskappe en 142 Indiërs word deur Zoeloes vermoor in die sogenaamde “Durban Riots”. In Januarie 1960 word vier wit en vyf swart polisiemanne deur ’n groep betogers gemartel en vermoor ná ’n klopjag op onwettige bierbrouerye wat ’n bron van inkomste vir die arm swart gemeenskap was.

Ná 1994 sien die area ’n drastiese toename in plaasaanvalle en grondgrype, veral in Nonoti, Mangete en Kranskop, op Indiër, bruin en wit boere se plase...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.