Hierdie is die laaste oproep vir passassier SAL om...

TURBULENSIE

Hierdie is die laaste oproep vir passassier SAL om onmiddellik aan boord te gaan

Moenie dat die term “sakeredding” jou flous nie – die kans dat die SAL die “radikale herstrukturering” gaan oorleef wat vir hom voorlê, is bitter skraal.

TEEN die tyd dat die regering Woensdagaand oplaas onder die druk geswig het om die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) in sakeredding te laat plaas, was die skrif reeds vir baie lank aan die muur vir dié lugdiens wat in 1934 tot stand gekom het toe die Suid-Afrikaanse regering die bates en laste van die destydse Union Airways oorgeneem het.

Die SAL het in 2011 laas ’n wins verklaar en het sedert 1994 minstens R57 biljoen in reddingsboeie van die regering ontvang. Die lugdiens gaan nou ’n verdere R4 biljoen kry ten einde operasioneel te kan bly terwyl hy geherstruktureer word, maar Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het in sy verklaring daaroor benadruk dat dié geld “nié ’n reddingsboei is nie”. Die helfte daarvan sal op ’n “fiskaal neutrale manier” bekom word, wat dalk kan beteken dat die staat ander bates sal moet verkoop. Die ander helfte (ook R2 biljoen) is in die vorm van leningswaarborge aan handelsbanke, wat beteken die Tesourie sal dit uit toekomstige begrotingstoewysings “terugbetaal”.

Die vakbond Solidariteit het op 21 November ’n hofaansoek (https://twitter.com/solidariteit/status/1202322067833737218?s=20) gebring dat die SAL ingevolge die Maatskappywet in sakeredding geplaas word. Die SAL en Gordhan het verlede week nog regsbriewe aan Solidariteit gestuur waarin hulle aangedui het dat hulle dié aansoek sou teenstaan, dus was Woensdagaand se aankondiging ’n verrassing. Dis wel bekend dat Tito Mboweni, minister van finansies, óók ten gunste van sakeredding was...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.