’n Isis in ons agterplaas

MOSAMBIEK

’n Isis in ons agterplaas

Die noorde van Mosambiek is vasgevang in ’n spiraal van geweld van toenemend gesofistikeerde ekstremistiese aanvalle op inwoners en veiligheidsmagte, asook die betrokkenheid van Russiese huursoldate, skryf JASMINE OPPERMAN en ADRI KOTZÉ.

’n Nuwe vlaag aanvalle deur ekstremiste – van die gewelddadigste sedert ’n insurgensie meer as twee jaar gelede in die noorde van Mosambiek begin het – het dosyne slagoffers geëis, spookdorpies agtergelaat en soldate van ’n Russiese private militêre groep na die hawestad Ncala laat vlug.

Dié aanvalle is waarskynlik minstens deels uit wraak teen die betrokkenheid van huursoldate van die Russiese Wagner-groep, wat einde September deur die Mosambiekse regering ingebring is om die veiligheidsmagte te help om die opstand te onderdruk en die gebied te beveilig. Die Islamitiese Staat Sentraal-Afrika (ISCAP), wat hoofsaaklik in die gebied rondom die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) bedrywig is, het sedert Junie 26 keer aanspreeklikheid vir aanvalle in Mosambiek aanvaar: Rusland is ’n geswore vyand van die Islamitiese Staat in Sirië en Irak – en dié vyand is nou in Mosambiek ingevoer. ISCAP het in aanlyn-uitsprake onder meer verwys na aanvalle op die “Crusader Army”, en selfone wat van insurgente afgeneem is, het nommers van die DRK en Tanzanië.

Die Russe was nie net heeltemal onvoorbereid en onopgelei vir die moeilike toestande in die omgewing nie, maar het ook die vaardighede en vermoë van die Mosambiekse veiligheidsdienste heeltemal oorskat. Die veiligheidsdienste is swak toegerus en opgelei, ongedissiplineer en het geen benul hoe om die bedreiging hok te slaan nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.