‘Wat de hel’ moet ons met die spoke doen?

INTELLIGENSIEDIENSTE

‘Wat de hel’ moet ons met die spoke doen?

Vir ’n demokratiese staat – boonop een wat nie aktief by enige buitelandse konflikte betrokke is nie – het Suid-Afrika buitengewoon geheimsinnige intelligensiedienste. Die belofte van hervorming is daar, maar wanneer gaan ons regte aksie sien, vra PIETER VAN DER MERWE.

ONDERSOEKE en mediaberigte dui daarop dat die land se intelligensie-operateurs veral tydens die bewind van oudpres. Jacob Zuma baie vryheid geniet het. Openbare dokumente wys hoe bewerings van korrupsie en wanbesteding terselfdertyd ook toegeneem het, terwyl geheime begrotings na voorheen ongekende vlakke gestyg het.

Hierdie openbarings is gevolg deur beloftes van hervorming. Op 18 Mei 2018 het Dipuo Letsatsi-Duba, toe nog minister van staatsveiligheid, beaam wat pres. Cyril Ramaphosa vroeër in sy eerste staatsrede gesê het: dat die nuwe administrasie vinnig die land se spioenasiedienste sou regruk. Daar is geen plek vir “skurk-elemente” nie en beheer oor geld moet verbeter word, het sy aan die parlement gesê.

Haar opmerkings is gemaak aan die einde van ’n dekade van verdoemende bewerings rakende – en bevindings teen – die intelligensiedienste. Baie van dié feite word egter steeds geheim gehou. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.