JY hoef nie ’n Katoliek of selfs ’n Christen te wees om die geestelike leier van meer as 2 biljoen mense, pous Francis, ’n bietjie te bewonder nie. (Het jy geweet hy is ’n Argentyn en sy regte naam is Jorge Mario Bergoglio?) Hy het meer as enige pous die laaste klompie dekades weggebreek van Roomse ortodoksie met ’n klem op menseregte, vrede en naastediens.
Vir my het die oubaas dié week regtig méns geword. Ek koop dit nie dat enigiemand dagin en daguit net vol liefde, goedheid en verdraagsaamheid kan wees nie. En toe sien ek hoe ’n vrou hom aan die hand gryp en amper van balans af trek. Het hy haar hand gesoen en haar geseën? Nee, die Jorge in Francis het vir ’n oomblik oorgeneem. Hy het haar op die hand geklap en weggeruk.
Natuurlik is dit nie goed genoeg nie, hy is immers die pous en vaar gereeld teen geweld teen vroue uit. Maar met sy eerste openbare verskyning daarna het hy berou uitgespreek en om verskoning gevra vir sy swak gedrag. “Ons almal raak soms ongeduldig,” het hy gesê. Dis waar, oom...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.