Almal rúik vir Zuma, maar gehoor kry ons hom nie

STAATSKAPING

Almal rúik vir Zuma, maar gehoor kry ons hom nie

Oor alles wat tot dusver by die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping gebeur het, hang die onmiskenbare stank van die-groot-olifant-wat-nooit-in-die-vertrek-is-nie: oudpres. Jacob Zuma, skryf YOLANDI GROENEWALD.

DIE groot olifant het vandeesweek nogmaals ’n manier gevind om die kommissie te systap, en dit lyk of hy nou op die vroegste in Maart eers weer sy opwagting sal maak.

Terselfdertyd is nóg getuienis teen Zuma voor die kommissie gelewer. Of dit nou die Guptas se landing op Waterkloof was, of druk op ministers om ’n kernkragooreenkoms te bekragtig, of inmenging by Glencore se myne, of sy seun se verdagte sakesukses – die stank is daar, en mense soek antwoorde oor sy betrokkenheid.

Ten spyte van sy dramatiese verskyning in Julie kon Zuma tot dusver die kritieke vrae vermy, en dit was Dinsdagoggend weer die geval. Adv. Thabani Masuku was eers op die oorlogspad: Zuma is siek en nou wil die getuienisleiers hom met ’n dagvaarding dwing om te kom getuig? Waar is die ubuntu? Waar is die omgee?..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.