×

Ons het nuus vir jou.

Registreer gratis op Vrye Weekblad en ontvang nuusbriewe per e-pos, lewer kommentaar en meer.
Registreer nou
POLITIEKE NOTABOEK | Wakker slaap oor grond – en verhuur jou ...

’N WEEK IN DIE POLITIEK

POLITIEKE NOTABOEK | Wakker slaap oor grond – en verhuur jou servette

MAX DU PREEZ skryf oor die jongste verwikkelinge met grondhervorming, die parlement se rykgatte en Mam’ Winnie wat so spandabelrig begrawe is soos sy gelewe het.

DIE burgerlike samelewing sal moet wakker slaap of die grondhervormingsproses loop die pad van buurlande waar herverdeling vir partypolitieke doeleindes en patronaatskap eerder as landbou en die verligting van armoede en werkloosheid gebruik is.

Die ANC wil die herverdeling van grond in 2020 verhaas en maak allerlei beloftes aan sy ondersteuners (pres. Cyril Ramaphosa het dit laas naweek weer in die Noord-Kaap gedoen), maar daar word nie verwag dat die bedrag wat hieraan bestee gaan word in die Februarie-begroting verhoog gaan word nie. Onteiening sonder of met min vergoeding, dus.

Die wetsontwerp wat die verandering aan Artikel 25 van die Grondwet voorstel, verklaar bloot dat vergoeding vir onteiende eiendom ook nul kan wees. Die omstandighede waar dit toelaatbaar sal wees, moet in nasionale wetgewing omskryf word...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 November af sal jy ’n subskripsie kan uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.