Wil die ANC die land red of revolusiepraatjies maak?

POLITIEKE LANDSKAP

Wil die ANC die land red of revolusiepraatjies maak?

Die ANC is sonder visie, vasgevang in 'n ou bevrydingsparadigma. Cyril Ramaphosa het tot dusver daarin gefaal om die party die 21ste eeu in te sleep, skryf MAX DU PREEZ, maar die oomblik van waarheid is op ons.

SUID-AFRIKA gaan 'n periode van verandering in, het pres. Cyril Ramaphosa twee jaar gelede in sy inhuldigingstoespraak in die parlement gesê. “Terwyl verandering onsekerheid, selfs angstigheid kan veroorsaak, bied dit ook groot geleenthede vir vernuwing, oplewing en vordering. Ons gaan saam geskiedenis maak.”

Hy is deur sy eie koukus toegejuig en die res van ons het ook ons koppe instemmend en half opgewonde geknik. Ná 9 jaar van Jacob Zuma was verandering en vernuwing presies wat Suid-Afrika nodig gehad het.

Maar aan die vooraand van sy 2020-staatsrede moet ons vra: Nou watter verandering, vernuwing en oplewing het jy toe in twee jaar bewerkstellig, Cyril? Van die onsekerheid en angstigheid weet ons wel, maar waar presies was die vordering?..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos [email protected] of skakel 0860 52 52 00.

X