LEIERSKAPSKRISIS
Fase 6 vir Eskom, fase 8 vir Cyril
“Fase 6” is ’n frase wat Cyril Ramaphosa nog lank nagmerries gaan gee. Die afgelope week se kragkrisis en sy regering se reaksie daarop was ’n dolk in die hart van sy presidensie en dalk ’n keerpunt in sy politieke loopbaan. Ewe erg, skryf MAX DU PREEZ, was dat sy twee mees getroue luitenante, ministers Gwede Mantashe en Pravin Gordhan, ook as deel van die probleem blootgelê is.

Deel
DIT is verstommend, maar waar: As die minister van energie, Gwede Mantashe, die politieke wil en ’n sin vir dringendheid gehad het, kon hy vinnig ’n paar dokumente onderteken het en Suid-Afrika sou nie dié week sulke drastiese kragonderbrekings gehad het nie.
Maandag se fase 6-beurtkrag het net ’n paar uur lank geduur voordat na fase 4 teruggeskakel is, maar dit het ’n skokgolf deur die ekonomie en die burgery gestuur wat nog lank gevoel gaan word. Die krisis het die hoofbulletins en voorblaaie van media die wêreld oor gehaal.
Suid-Afrikaners, met vars versekerings van die regering dat die Eskom-skip aan die omdraai is, het skielik oor die afgrond getuur en besef: Dié skip is aan die sink, en dan gaan ons almal in die maalkolk ingesuig word...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Skip Suid-Afrika: ons wag op Kaptein Cyril
Cyril gaan eers baas wees as Ace Beskuldigde Nommer 1 is
Sny ministers se salarisse
Mini-begroting: Van ’n babelas tot in die waakeenheid
Deel
-
Deel
Max du Preez
HoofredakteurMax du Preez is die hoofredakteur van Vrye Weekblad. Hy was die stigtersredakteur van die oorspronklike Vrye Weekblad.