Skip Suid-Afrika in die vaarwater: ons wag op Kaptein Cyril

BLACKJACK : TEL DIE ACE 1 OF 11?

Skip Suid-Afrika in die vaarwater: ons wag op Kaptein Cyril

Suid-Afrika se oomblik van waarheid breek op 19 Februarie volgende jaar aan wanneer die belangrikste begroting sedert 1994 aangekondig word. Dit is ook die week waarin Cyril Ramaphosa sy derde jaar as president gaan begin. MAX DU PREEZ takseer sy suksesse en mislukkings en kyk met vrees en bewing in die kristalbal na 2020.

’N PRESIDENT is op sy swakste die dag dat hy verkies word. Elke dag daarna sal hy sterker word as hy sy mag reg gebruik om sy posisie te konsolideer, het ’n senior adviseur van pres. Cyril Ramaphosa kort ná sy inhuldiging in Februarie verlede jaar vir my gesê.

Ramaphosa staan vandag ongetwyfeld sterker binne sy party as toe, maar hy is nie naastenby so gemaklik en selfversekerd as wat hy en sy binnekring 23 maande gelede gedink het hy sou wees nie. Maar dit is ’n hoender-of-eier-vraag: Is sy relatiewe swak posisie die gevolg van sy klaarblyklike huiwerigheid om kragdadig op te tree, of tree hy huiwerig op omdat hy nie genoeg steun in sy party se nasionale uitvoerende komitee (NUK) geniet nie?

Die werklikheid bly dat hy in Februarie verlede jaar ’n nuwe daeraad, vernuwing en ekonomiese groei belowe het, maar in Desember 2019 staan ons op die rand van ’n fiskale afgrond met ’n onhoudbaar hoë werkloosheidsyfer en wydverspreide ontevredenheid onder burgers...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.