MENSE is dikwels ontevrede oor wit mense wat aspekte van swart kultuur aan hulleself toeëien – soos vlegsels, klere of maniere van praat – maar 'n groot probleem in die land is opportunistiese swart mense wat al hoe meer swart armoede, identiteit en kultuur aan hulleself toeëien om selfbevordering, selfverryking en dikwels korrupsie te regverdig.
Hierdie toeëiening vir eiebelang help nie om die massiewe swart armoede te verlig of om swart identiteit en inklusiewe kultuur te kultiveer nie, en dit verwring swart identiteit en veroorsaak verdere kulturele marginalisering.
In die politieke arena stig mense partye oënskynlik om swart armoede te bestry, maar vir talle is dit bloot vir selfverryking. ..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.