Skandaal beteken vars begin is moontlik vir Namibiese visbedryf

‘FISHROT‘

Skandaal beteken vars begin is moontlik vir Namibiese visbedryf

Namibië se ‘Fishrot'-skandaal het bewyse van enorme korrupsie in die land se visserysektor blootgelê, maar die verpolitisering van die regte- en kwota-toekenningsproses kom al ’n lang pad, skryf JOHN GROBLER.

IN die wêreld van nywerheidsvissery en skaalbesparings is visvangregte en kwotas alles. Tog het Seawork Fish Processors, Namibië se suksesvolste seekosverwerkingsmaatskappy, nie ’n enkele vangskwota nie. En hy stel ook nie belang om een te bekom nie.

“Ons bly net heeltemal uit die politiek,” sê Peter Pahl, uitvoerende hoof van Seawork, waar hy skouerophalend in sy tydelike kantoor by die voormalige Cadilu-aanleg in Walvisbaai sit. Dis ’n hanetree van die maatskappy se hoofaanleg in Factoryweg, waar ’n opgradering ter waarde van R50 miljoen voltooi word.

Maar om uit die politiek te bly beteken die maatskappy word gedwing om vis vir sy vier verwerkingsaanlegte in te voer. En dit terwyl finansieel geknelde nuwe operateurs blykbaar die meeste Namibiese vis onwettig aan fabrieke met hoofsaaklik Spaanse eienaars verkoop...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.