‘Cwele het ons ondergrawe en mikrobestuur’

BOEKUITTREKSEL

‘Cwele het ons ondergrawe en mikrobestuur’

MOE SHAIK, voormalige staatsekuriteitsbaas, vertel in sy aangrypende boek, The ANC Spy Bible, presies watter groot doring in sy vlees minister Siyabonga Cwele vir hom was. Dit het die afgelope week aan die lig gekom dat Cwele nie veiligheidsklaring kon kry by die Staatsveiligheidsagentskap nie. Hier’s ’n uittreksel uit die boek.

  • 06 Maart 2020
  • Nuus & Politiek
  • 6 min om te lees
  • artikel 18 van 27
  • Moe Shaik

SIYABONGA Cwele, die minister in beheer van die Staatveiligheisagentskap, het ons lewens vergal. Hy wou ’n enkele organisasie hê: binnelandse en buitelandse dienste saamgevoeg.

Ons drie [ek, Jeff Maqetuka en Gibson Njenje] het die taak gekry om dit te bewerkstellig. Ons kon nie die bepalende rede of motief vir hierdie besluit insien nie. Ons het keer op keer die doel van dié idee probeer debatteer, maar Cwele het net weer sy standaardreaksie gelewer: “Dis die president se wens.”

Ek het die grondwettigheid van hierdie nuwe reëling betwyfel – selfs die naam “Staatsveiligheidsagentskap” het die gees van die Grondwet verkeerd verteenwoordig. Die veiligheidsdienste se plig was om “menslike veiligheid” te verseker, eerder as die veiligheid van die staat. Om sake te vererger is ons nou aangesê om aan ’n minister verslag te doen. Ek het sterk geredeneer dat die grondwetlike voorskrif die politieke verantwoordelikheid van die intelligensiedienste aan die president gedelegeer het. Die feit dat die president daardie verantwoordelikheid na ’n minister verskuif het, is nie ten volle en behoorlik waardeer nie. Dit het die intelligensiedienste verpolitiseer...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.