Potch neem die voortou met doen-dit-self-dienslewering

ROMMELHOOP TOT ROLMODEL

Potch neem die voortou met doen-dit-self-dienslewering

Dinge gaan nie vanself beter word nie – met dié besef het ’n groep Potchefstromers net minder as ’n jaar gelede ’n nuwe model vir munisipale dienslewering in ’n deel van dié stad in werking gestel, skryf WILLEM KEMPEN.

AARDKLOP-feesgangers en enigeen wat op die destydse Puk geswot het, ken die Bult in Potchefstroom: die area hoofsaaklik suid van die kampus met sy menigte studentehuise, woonstelblokke, eet-en-drink-en-kuierplekke en die lang laning eikebome wat daardeur loop.

Teen ’n jaar of twee gelede het dié deel van Potch, wat Cachetpark insluit, in ’n probleemgebied ontaard: Dit was gedurig vuil en vol rommel, aggressiewe karwagte het besoekers onveilig laat voel en dwelmhandelaars het openlik en flink sake gedoen.

Dit was nie net vir inwoners en sake-eienaars onaangenaam nie; die veiligheid van die Noordwes-Universiteit (NWU) se studente en die geskiktheid van die Bult as middelpunt van Aardklop het in die gedrang begin kom...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.