Moody’s is verniet skepties; ons kán dit weer doen, en vinnig

SNOEI DAAI SALARISREKENING

Moody’s is verniet skepties; ons kán dit weer doen, en vinnig

Suid-Afrika se ervaring in onderhandeling behoort dit maklik te maak om ’n oplossing vir die openbare sektor se salarisrekening saam met die vakbonde aanmekaar te timmer. As ons dit net wil besef, skryf JUSTICE MALALA.

SUID-AFRIKA gaan nie uit sy huidige groef kom as hy nie spog met die enorme hoeveelheid ervaring met konflikoplossing en die wysheid wat hy die afgelope 30 jaar opgebou het – en dit ook benut – nie.

Hoekom is die graderingsagentskap Moody’s skepties oor ons regering wat ’n ooreenkoms met vakbonde bereik het oor die besnoeiing van die openbare sektor se salarisrekening? Ná ons minister van finansies, Tito Mboweni, se begrotingsrede verlede week het die agentskap gesê: “Die owerhede het nog nie enige matiging in salarisse met die land se vakbonde bespreek nie, wat beslis ’n uitdaging gaan wees.”

Moody’s is skepties, want ons het nie eens die moeite gedoen om hulle te vertel hoe ons al in die verlede sulke probleme opgelos het of hulle probeer oortuig dat ons dit weer kan doen nie. Enige ander land sou vir die agentskap Suid-Afrika se beskikbare talent en ervaring uitwys om hierdie resultaat te lewer...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.