OP 5 Maart 2020 het die Gautengse premier, David Makhura, die Tshwane-metro onder administrasie geplaas omdat die munisipaliteit “nie sy grondwetlike plig nagekom het nie”. Die wanbestuur van die stad het veroorsaak dat dienslewering tot stilstand gekom het, en inwoners kry swaar as gevolg daarvan.
Sedert die burgemeester einde Februarie bedank het, het Tshwane nie ’n uitvoerende arm nie, wat beteken daar is geen burgemeesterskomitee nie. Daar is ook geen administratiewe hoof nie, want daar is nie meer ’n waarnemende stadsbestuurder nie. Makhura het gesê die buitengewone omstandighede waarin die munisipaliteit hom bevind, het die ontbinding van die raad genoodsaak. ’n Administrateur sal aangewys word om die munisipaliteit te bestuur totdat ’n nuwe raad binne 90 dae verkies word.
Die ANC en EFF het voorheen uit vergaderings gestap en die raad het dan sonder ’n kworum gesit. Meer as een keer het hulle aangedring dat die DA-speaker, Katlego Mathebe, haarself moet verskoon omdat sy volgens hulle onbevoeg was om die vergadering te lei...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.