KITSKENNIS | Die virus het nie ’n kat se kans teen Kietsie en...

KLINK SLIM IN ISOLASIE

KITSKENNIS | Die virus het nie ’n kat se kans teen Kietsie en Woefie nie

Ontspan, jy gaan nie maklik Covid-19 by jou troeteldiere kry nie. Daar is wel ’n klompie ander dinge wat jy oor dié onderwerp moet weet, skryf WILLEM KEMPEN.

Kan jy die virus via jou kat of hond kry?

Kort antwoord: nee. Maar as die heelal teen jou saamspan en ’n hele rits fratse in die regte volgorde oor jou pad laat kom: dálk. Tog is die kans legio kere groter dat jy die virus deur jou medemens opdoen of weens jou eie onverskilligheid.

Katte, kan met groot stelligheid verklaar word, gaan hulle in der ewigheid nie aan enige isolasiereëls steur nie. Ás Kietsie dus saam met die res van jou huishouding in isolasie is, gaan hy of sy soos altyd in die buurt rondloop. Ás iemand langs die pad op Kietsie se roete die virus het, en ás so iemand dan op Kietsie hoes of nies of wat ook al, en ás die virus dan nog op Kietsie se pels of in een of ander liggaamsholte oorleef teen die tyd dat Kietsie weer tuiskom, én iemand vat aan Kietsie en dan weer aan hul gesig, dan is daar ’n piepklein kansie dat die virus gaan saamkom en die persoon infekteer. Daar is ’n beter kans dat jy twee keer in ’n ry die Lotto wen...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.