Hoe mag die staat jou tydens inperking dophou?

SPESIALE MAGTE

Hoe mag die staat jou tydens inperking dophou?

Teenstrydighede in van die spesiale maatreëls ingevolge waarvan die staat individue tydens die inperking mag monitor, is kommerwekkend, skryf PIETER VAN DER MERWE.

DIE regering het verlede week maatreëls bekend gemaak ingevolge waarvan Suid-Afrikaners se bewegings deur hul selfone dopgehou kan word in ’n poging om die verspreiding van Sars-Cov-2 te beperk.

Dis nie spioenasie nie, het ministers ons probeer verseker, omdat die inligting slegs gebruik sal word om die publiek te beskerm teen ’n siekte wat reeds etlike lewens in Suid-Afrika geëis het.

Volgens Privacy International (https://privacyinternational.org/press-release/3581/civil-society-sound-alarm-over-unprecedented-global-wave-surveillance-fight) is Suid-Afrika ook nie alleen nie, met minstens 23 ander lande wat ook liggingopsporing gebruik om die virus te volg. Die organisasie sê die vlak van waarneming oor die wêreld heen is ongekend in terme van skaal. Die organisasie het ’n beroep op regerings gedoen om menseregte te respekteer...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.