Russe misluk, nou veg Suid-Afrikaners teen rebellegroep in Mosambiek

SOLDATE TE HUUR

Russe misluk, nou veg Suid-Afrikaners teen rebellegroep in Mosambiek

Daar is sterk aanduidings dat privaat Suid-Afrikaanse militêre operateurs nou die Mosambiekse regering help in sy stryd teen insurgente in die noorde van dié land, skryf ADRI KOTZÉ.

’N GROEP Suid-Afrikaanse privaat militêre kontrakteurs is in die noorde van Mosambiek ontplooi om die toenemend gewelddadige insurgensie van ekstremistiese groepe wat bande het met die sogenaamde Islamitiese Staat (Isis) te probeer onderdruk.

Drie helikopters van dié groep, waarvan minstens twee in Suid-Afrika geregistreer is, het glo reeds saam met die Mosambiekse weermag aanvalle op vermeende rebelle-basisse in twee gebiede gedoen.

Die militante selle het in die laaste weke groter, waaghalsiger en meer gesofistikeerd geword, sê intelligensie- en veiligheidsbronne, wat waarsku dat dit nie net ’n probleem vir Mosambiek is nie, maar ook vir Suid-Afrika en die hele streek...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.