Kan die virus slagoffers van gender-geweld oor hul regte leer?

CORONA EN GEWELD

Kan die virus slagoffers van gender-geweld oor hul regte leer?

Die realiteit in Suid-Afrikaanse huise verhinder vroue se pogings om aan angswekkende situasies te ontsnap, skryf ROZANNE ELS. En nou is daar 'n ekstra slot en grendel wat hulle gyselaar hou: Covid-19.

BEL ’n noodnommer. Ry of stap na jou naaste polisiestasie. Soek toevlug by dié of daai skuiling. Gaan na ’n hospitaal. Reik uit na jou bure. Maak kontak met ’n berader. Stel ’n veiligheidsplan saam. Deel ’n wagwoord met ’n betroubare vriend of familielid om te gebruik sodra die bedreiging tuis tot dodelike hoogtes eskaleer. Bel, ry, soek, gaan ...

Dié hulpbronne en raad oor huishoudelike geweld is om vroue te help, maar die lewensgevaarlike realiteit in huise wêreldwyd onderdruk hul pogings om aan angswekkende situasies te ontsnap.

“Tussen middernag en vieruur in die oggend,” sê Yvonne Wakefield van The Warrior Project. Dis dán dat die organisasie se webblad – wat inligting en hulpbronne aan slagoffers van huishoudelike en gendergebaseerde geweld voorsien – die meeste besoekers oor die laaste paar weke aangeteken het...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.