Skadu-pandemie: Inperkings is olie op die vuur vir...

GENDERGEWELD

Skadu-pandemie: Inperkings is olie op die vuur vir huishoudelike geweld

Die wêreldwye opwelling van geweld teen vroue en kinders tydens die Covid-19-pandemie beklemtoon ’n onderliggende probleem wat lank reeds bestaan, skryf FARIEDA KAHN. En selfs die VN vra nou vir dringende optrede teen dié euwel.

DIE minister van polisie, Bheki Cele, het vroeg in April sy tevredenheid uitgespreek oor die algemene afname in ernstige en gewelddadige misdade in die land sedert die inperking op 27 Maart begin het.

Hoewel die verbod op alkoholverkope en die beperkinge op mense se beweging waarskynlik tot hierdie afname bygedra het, het dié faktore nie noodwendig ’n uitwerking op die omvang van huishoudelike geweld en mishandeling nie.

Trouens, Cele het reeds sy kommer laat blyk dat die inperking tot ’n toename in huishoudelike geweld kan lei, en die syfers bevestig dit. Die Gender-Based Violence Command Centre, wat 24 uur per dag ’n noodlyn bedryf, het van 27 tot 31 Maart meer as 2,300 oproepe of klagtes ontvang – dis 32% meer as die weeklikse gemiddelde vir 2019...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.