PLANET49, ’n digitale bemarkingsmaatskappy in Hongkong wat noue bande met Asia Pacific Marketing Limited het, het Suid-Afrikaanse gebruikers geteiken met ’n digitale bemarkingsveldtog wat daarop gerig is om hul persoonlike inligting te bekom.
Die veldtog het valslik ’n Covid-19-“verligtingspromosie” by plaaslike kruidenierskettingwinkels aangebied. In werklikheid het dit WhatsApp-gebruikers probeer uitlok om nie net die promosie met talle van hul WhatsApp-kontakpersone te deel nie, maar ook in te stem dat Planet49 hul persoonlike inligting aan derde partye mag verkoop.
Die winkels waarna in die veldtog verwys word, het enige betrokkenheid by Planet49 ontken...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.