EBRAHIM Patel, die paaiboelie met die ooptoonskoene van die anti-inperkingsbrigade, gee glad nie om om die gesig van die “irrasionele" Covid-19-reëls te wees nie.
“Wel, ons is 'n demokrasie," sê hy en trek sy skouers op. “Sommige daarvan is dalk onregverdig, maar as jy moet kies tussen onregverdige kritiek aan die een kant en 'n bang bevolking aan die ander, dan is dit 'n maklike keuse: Dis beter om te lewe in 'n gemeenskap waar mense hulle menings kan lug."
Covid-19 was besonder brutaal vir die openbare persona van Patel (58), die voormalige vakbondleier wat nou, as minister van handel, industrie en kompetisie, waarskynlik een van die mees kritieke portefeuljes hou terwyl Suid-Afrika probeer dink hoe om die ekonomie weer op sy voete te tel. Hy, en die tabaktermineerder Nkosazana Dlamini-Zuma, het die meeste van die houe gekry oor die inperkingsregulasies wat ten beste irrasioneel en ten slegste lawwigheid is. ..
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.