Zweli Mkhize: Suid-Afrika se dokter

GENEES-HEER

Zweli Mkhize: Suid-Afrika se dokter

Hy is die nasie se dokter met die goeie bedside manner. Die kalm stem en sterk hand in ’n tyd van krisis. Maar, sê ANNELIESE BURGESS, agter die wit Covid-jas is dr. Zweli Lawrence Mkhize ook 'n formidabele politikus wat dalk nog eendag Suid-Afrika se president kan word.

DIE Corona-krisis pas dr. Zwelini Lawrence Mkhize (“ZL” vir sy vriende) soos 'n handskoen.

Hy is die regte man op die regte plek in een van die grootste krisisse van ons leeftyd. Vir maande nou al is hy die stem van redelikheid – kalm en sonder histerie – selfs wanneer hy die bitter medisyne van die daaglikse roll call van infeksies en sterftes moet aankondig. Of soos hierdie week, toe hy ons gemaan het om voor te berei vir 'n “verwoestende storm"  as gevolg van die die skerp toename in Covid-infeksies wat nou soos 'n wegholveldbrand deur dele van ons land begin trek.

Die Covid-krisis het 'n mantel van gravitas aan Mkhize verleen; iets wat kollegas soos Nkosazana Dlamini-Zuma en Ebrahim Patel nie reggekry het nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.