Korrupsie die monster wat ons toekoms verslind

COVID-TYD IS SKEPTYD

Korrupsie die monster wat ons toekoms verslind

Daar is geen land op aarde wie se ekonomie nie kwaai deur die Covid-19-pandemie ondermyn is nie. Die meeste lande, Suid-Afrika inkluis, loods ambisieuse projekte om hul ekonomieë weer op die been te bring, maar hier by ons, skryf MAX DU PREEZ, is daar 'n honger monster wat gaan keer dat dit werklik slaag: korrupsie

TOE Nelson Mandela in Mei 1994 as die eerste president van 'n vrye, demokratiese Suid-Afrika ingehuldig is, was die verwagting hier en wêreldwyd hoog dat die land – wat ook al die verwoestende erfenis van eeue se onreg - 'n baken van moraliteit en integriteit sou wees. Uiteindelik was daar 'n land wat die karikatuur van Afrika as 'n korrupte, verarmde en mislukkende vasteland sou uitdaag.

Die wegspring was nie te vrot nie, veral as mens in ag neem dat die leiers van die nuwe regerende party meestal in ballingskap of in die tronk was en geen ervaring van regering gehad het nie. Daar is eers van geboortepyne en toe van groeipyne gepraat.

Maar 15 jaar later het dié verskonings flou geraak, en dit was toe die Zuma-era van staatskaping begin het. Dit was nege jaar van 'n grootskeepse gesteel van staatsgeld, tenderbedrog, patronaatskap, selfverryking, misbruik van mag en wanbestuur wat die Vader van Korrupsie in Afrika, Zaïre se Mobutu Sese Seko, jaloers sou gelaat het. Dit het die land sowat R1.5 triljoen gekos, meen navorsers, en ons met 'n uitgeholde staat en wanfunksionerende, bankrot staatsondernemings (en 'n helse energiekrisis) gelaat...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.