NÁ maande se stilte by die kommissie weens die Covid-19-pandemie het die ou ANC-strydros Popo Molefe sy eie party vandeesweek geroskam oor hy ander kant toe gekyk of sommer saamgevreet het by die korrupsie-trog, in dié geval die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa).
Molefe, destyds voorsitter van Prasa se raad, het vertel hoe die ANC se ses topleiers met hul hande gevou gesit het, al het hy probeer wys dat biljoene rande gesteel word by ’n staatsinstelling wat veronderstel is om arm Suid-Afrikaners by die werk te help kry.
“Wanneer ’n mens na alles kyk, wys dit op korrupsie en dat niemand dié planne omver wou gooi nie. Dis ongeag hoeveel ellende dit die arme pendelaars van die land gekos het, met biljoene rande wat geplunder is,” het Molefe, die eerste getuie hierdie week, prontuit gesê. ..
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.