Nathi Nhleko sweet genoeg om ’n ‘fire pool’ vol te maak

ZONDO-KOMMISSIE

Nathi Nhleko sweet genoeg om ’n ‘fire pool’ vol te maak

Die gewese minister van polisie Nathi Nhleko moes vandeesweek bontstaan om te verduidelik oor meer as net sy destydse rol as apologeet vir oudpres. Jacob Zuma en Nkandla, skryf YOLANDI GROENEWALD.

NATHI NHLEKO was ongetwyfeld die koning van kafpraat in oudpres. Jacob Zuma se kabinet. Hy was destyds byvoorbeeld verantwoordelik vir die komiese verduideliking dat die swembad by Nkandla eintlik ’n “fire pool” is.

Maar Nhleko was meer as net ’n apologeet vir Zuma en Nkandla in sy tyd as minister van polisie. Hy het ook sy eie persoonlike taakmag gestig wie se sake hy self uitgesoek het, het die die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping al laas jaar gehoor. En in díe sake is mense geteiken wat moontlik ondersoek kon instel na Zuma en sy trawante. 

Nhleko het vandeesweek weer by regter Raymond Zondo se kommissie aangemeld en gewys dat hy nog steeds beter kan gorrel as enige student wat nie vir ’n eksamen geleer het nie. Antwoorde oor sy beweerde rol in die kaping van Suid-Afrika se strafregstelsel was min...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.