Zim: Geweld word meer en die kos word skaarser

BUURSTAAT

Zim: Geweld word meer en die kos word skaarser

Terwyl pres. Emmerson Mnangagwa al hoe meer paranoïes word oor “duistere magte” wat sy leierskap en “visie vir die land” bedreig, leef desperate Zimbabwiërs in die hoop dat iemand tot hul redding sal kom. Saamgestel deur WILLEM KEMPEN.

SOOS wat Zimbabwe se ekonomiese ellende by die dag erger word, neem berigte toe van aktiviste en opposisieleiers wat gearresteer of ontvoer en gemartel word.

Dit het die Suid-Afrikaanse regering genoop om in ’n mediaverklaring “met kommer kennis te neem” van “berigte met betrekking tot menseregteskendings in die republiek van Zimbabwe”, berig Reuters.

Die Suid-Afrikaanse minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Naledi Pandor, het Dinsdag per telefoon met haar Zimbabwiese eweknie, Sibusiso Moyo, gepraat. Luidens die verklaring het Pandor die Suid-Afrikaanse regering se “gereedheid om te help, indien so versoek” teenoor Moyo uitgespreek...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X