Recce met MIV oplaas in die hof oor onbeskermde seks met ...

PRIVATE VERVOLGING

Recce met MIV oplaas in die hof oor onbeskermde seks met ‘Korporaal X’

’n Vrouesoldaat se jare lange stryd om geregtigheid nadat ’n medesoldaat haar met MIV geïnfekteer het, gaan uiteindelik voor ’n hof dien en sodoende bydra om die regspraak om die siekte uit te bou. Die man verskyn eersdaags op ’n aanklag van poging tot moord in die Pretoriase streekhof. ERIKA GIBSON doen verslag.

DIE slagoffer se saak word deur AfriForum se private vervolgingseenheid en advv. Gerrie Nel en Phyllis Vorster hanteer nadat die nasionale vervolgingsgesag (NVG) noodgedwonge vroeër nie met die vervolging kon voortgaan nie. Sover vasgestel kon word, sal dit slegs die derde keer in die Suid-Afrikaanse regsgeskiedenis wees dat ’n man vervolg word weens poging tot moord in die vorm van MIV-besmetting.

Terwyl die staat en ’n ondersoekbeampte van die polisie die aanvanklike saak hanteer het, het die weermag eenvoudig nie met enige van die dokumentasie en verklarings vorendag gekom wat die staat nodig gehad het om die saak te kon bewys nie.

Korporaal X, soos sy vir die oomblik genoem word, het dus by Nel om hulp gaan aanklop, waarna dié se eenheid in samewerking met die NVG en Marian van der Merwe, senior aanklaer by die Pretoriase landdroshof, die saak hofgereed gekry het...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.