In Mokonyane se wêreld is daar altyd iemand anders wat vir...

ZONDO-KOMMISSIE

In Mokonyane se wêreld is daar altyd iemand anders wat vir alles betaal …

Nomvula Mokonyane moes vandeesweek weer bontstaan om te probeer verduidelik waar die geld vandaan gekom het terwyl sy “duidelik bo haar vermoë geleef het", berig YOLANDI GROENEWALD.

DIE sakeman wat 'n deposito van R2.2 miljoen vir Nomvula Mokonyane se spoggerige Aston Martin betaal het, is self 'n voormalige ANC-parlementslid wat sedertdien as eiendomsmagnaat ontpop het – en Thaba Mufamadi se opgang is grootliks te danke aan huurkontrakte met die staat.

Mokonyane, onder meer 'n voormalige minister en Gautengse premier, het nietemin by die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping verklaar dat dié “familievriend, wat nie besigheid met die staat doen nie”, haar met die deposito “gehelp” het.

Mokonyane het Donderdag vir 'n tweede keer voor die kommissie verskyn nadat verskeie getuies haar vroeëre verskyning verdag gemaak het. Sy moes veral kom verduidelik oor verjaarsdagpartytjies waarvan sy “vergeet het", en bouwerk aan haar huis, alles klaarblyklik befonds deur die maatskappy Bosasa...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.